Category Archives: Wills and Esates

WHAT HAPPENS TO MY BANK ACCOUNTS WHEN I DIE?

In previous articles we suggested that the best way to ensure that your assets are distributed as you want them to be distributed, is to draw up and maintain a will. Should you die without a valid will, your assets will be distributed in terms of the Intestate Succession Act. This may result in unpractical distribution of assets and may lead to someone inheriting whom you did not want to inherit.

In your will you have the choice to determine what should be done with your assets. You should also appoint an Executor who will distribute your assets and manage the administrative tasks in order to fulfil the stipulations of the will and finalise the administering of your will.

As mentioned in previous articles, the death must first be reported to the Master of the High Court and the original will (or the lack of relevant required documentation) must be sent to him. The Master will then formally appoint the Executor by sending him an Executor’s letter and allocating a unique estate number to the estate. This estate number wil then be used in all future correspondence with and enquiries from the Master’s Office.

What happens to my bank accounts?

The Administration of Estates Act determines that all bank accounts in the name of the deceased should be frozen and closed eventually, therefore it is extremely important that you make provision for your loved ones, so that they will have cash in hand when you pass away. Usually the accounts are frozen immediately after word of the passing has been received, so money can still be deposited, but no withdrawals will be allowed. As soon as the Executor has been appointed he/she should open a new bank account in the name of “Estate Late XYZ” according to the stipulations of the Administration of Estates Act. This is because you leave your assets to what forms your “estate”. A new bank account will be opened by the Executor and all monies of the deceased in any other bank accounts (as well as his/her spouse in the case of a marriage in community of property) will be transferred to the new bank account in the name of the estate. All estate funds will then be administrated in the estate’s bank account by the Executor until the Liquidation account (statement of assets and liabilities) is approved by the Master and has been open for inspection and remained unchallenged. The Executor will then be in a position to proceed with the distribution of estate assets and finalising of the administration of the estate.

Support to the next of kin

It may, however, take anything from 3 weeks to 3 months or longer for the Master of the High Court to formally appoint  the Executor. The fact that the Administration of Estates Act requires that all bank accounts be frozen as soon as possible after date of death may result in the next of kin or other financially dependent parties not being able to access the funds of the deceased while awaiting the appointment of the Executor. In case of a marriage in community of property the bank accounts in the name of the surviving spouse will also be frozen and closed, according to the stipulations of the Administration of Estates Act, which may have dramatic consequences. Once the Executor has been appointed, he/she may start administering the estate assets, and only then will he/she be in a position to consider interim advances against inheritance. We therefore urge you to make provision for the time following your passing, so that your next of kin have money available for their immediate needs.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

SEKERE RIGLYNE VIR BOEDELBEPLANNING

A3_B

Die hoofdoel met boedelbeplanning is om toe te sien dat soveel as moontlik van jou geakkumuleerde rykdom vir jou eie voordeel aangewend word en vir die maksimum voordeel van jou afhanklikes by jou dood.

“Boedelbeplanning” word gedefinieer as die proses waarin ‘n program geskep en bestuur word om:

  1. Jou bates tydens jou leeftyd in stand te hou, te vermeerder en te beskerm;
  2. Die mees effektiewe en voordelige verdeling daarvan aan opvolgende generasies te verseker.

Daar bestaan ‘n algemene wanindruk dat boedelbeplanning net gaan oor die maak van ‘n testament of om jou sake so te reël dat boedelbelasting bespaar word.

Elke persoon se boedel is uniek en dus behoort die struktuur volgens haar/sy eie unieke behoeftes en doelwitte opgestel te word.

Die tekort aan likiditeit by afsterwe kan uiteraard baie druk plaas op die oorblywende familie van ‘n oorledene, omdat die tekort aan kontant kan veroorsaak dat die eksekuteur bates sal moet verkoop om kontant te genereer.

Likiditeit beteken daar moet genoeg kontant beskikbaar wees om:

  1. Boedelbelasting te betaal;
  2. Boedeluitgawes en administrasiekoste te betaal;
  3. Voorsiening te maak vir belastingverpligtinge wat met dood mag ontstaan, soos kapitaal- winsbelasting.

Tegnies word die boedel gevries totdat die Meester van die Hooggeregshof Eksekuteursbriewe uitgereik het.

Afsterwe sonder ‘n geldige testament, beteken dat jou boedel as intestaat hanteer sal word, en die wetgewing oor intestate erfopvolging sal geld. Die wet op Intestate erfopvolging bepaal dat die langslewende eggenoot die grootste gedeelte van R125 000 of ‘n kindsdeel erf. ‘n Kindsdeel word bepaal deur die totale waarde van die boedel deur die hoeveelheid kinders en die oorlewende eggenoot te deel. Waar partye binne gemeenskap van goedere getroud is, gaan een helfte van die boedel na die langslewende eggenoot as gevolg van die huwelik, en die ander helfte vererf volgens die intestate erfopvolging. Indien daar geen oorlewende eggenoot of afhanklikes is nie, word die boedel verdeel tussen die ouers en kinders. Waar daar geen ouers of kinders is nie word dit verdeel tussen die naaste bloedverwante.

‘n Eksekuteur is geregtig op die volgende vergoeding:

  1. ‘n Ooreengekome vergoeding in die Testament; of
  2. 3.5% van die bruto bate waarde; of
  3. 6% op die inkomste wat na dood die boedel toeval.

Eksekuteursvergoeding is onderhewig aan BTW waar die eksekuteur so geregistreer is.

Indien die waarde van die boedel meer as R3.5 miljoen rand beloop, is boedelbelasting  betaalbaar op die balans meer as die R3.5 miljoen, met die uitsondering van eiendom wat aan ‘n langslewende eggenoot bemaak is, aangesien dit vrygestel is van boedelbelasting en/of kapitaalwinsbelasting.

Artikel 3 van die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond verhoed die onderverdeling van landbougrond en die registrasie van onverdeelde aandele in meer as een persoon se naam, en dit is onderhewig aan die Minister se goedkeuring.

‘n Minderjarige is ‘n kind jonger as 18 jaar, en enige bemakings aan so ‘n persoon word in die Voogdyfonds gehou, wat onder die administrasie van die Meester van die Hooggeregshof val. Hierdie fondse is nie vrylik beskikbaar nie en word gewoonlik belê teen onder markverwante rentekoerse. Dit is dus aan te bevele dat voorsiening vir minderjarige kinders gemaak moet word deur ‘n trust.

Die Wet op Beslote Korporasies bepaal dat, onderhewig aan ‘n samewerkingsooreenkoms, waar ‘n erfgenaam ‘n ledebelang moet erf (in terme van ‘n testament), die toestemming van die oorblywende lede (indien enige) verkry moet word. Indien toestemming nie gegee word binne 28 dae nadat dit deur die eksekuteur versoek is nie, is die eksekuteur verplig om die ledebelang te verkoop.

Artikel 3(3)(d) van die Boedelbelastingwet bepaal dat waar bates aan ‘n trust oorgedra word gedurende die boedelbeplanner se leeftyd, maar hy/sy as trustee die mag behou wat hom/haar sou toelaat om eensydiglik van trustbates ontslae te raak vir sy eie of sy begunstigdes se voordeel, dan mag dit wees dat sulke bates beskou kan word as sy/haar eie en deel sal vorm van sy/haar boedel vir doeleindes van boedelbelasting.

Waar partye binne gemeenskap van goedere getroud is, het die oorlewende eggenoot ‘n eis vir 50% van die gekombineerde boedel, wat die werklike waarde van die boedel met 50% verminder. Die boedel word verdeel nadat al die skuld in die oorlye boedel betaal is (uitgesluit begrafniskoste en boedelbelasting, omdat hierdie verpligtinge van die bestorwe boedel is en nie die gesamentlike boedel nie). Slegs die helfte van die bates in so ‘n boedel kan dus bemaak word.

Die opbrengs van lewensversekeringspolisse kan gebruik word om:

  1. Inkomste te genereer om na afhanklikes om te sien terwyl met die boedel gehandel word;
  2. Boedeluitgawes te betaal, vir begrafniskoste, inkomstebelasting, boedel-administrasie en boedelbelasting.

Die opbrengs van alle Suid Afrikaanse “huishoudelike” polisse uitgeneem op die beplanner se lewe, en waar daar geen begunstigde genomineer is nie, sal binne die bestorwe boedel val.

Waar ‘n begunstigde wel genomineer is op die polis, sal die opbrengs as bates in die boedel geag word vir boedelbelasting doeleindes, afgesien daarvan dat die opbrengs direk betaal word aan die begunstigde (onderhewig aan die gedeeltelike uitsluitings gebaseer op die polis- premies).

Polisse wat uitgesluit is van insluiting vir doeleindes van boedelbelasting,  is koop en verkoop, sleutelman polisse, en daardie polisse gesedeer aan ‘n eggenoot of kind in terme van ‘n huwelikskontrak.

Sekere bates in ‘n bestorwe boedel is uitgesluit van kapitaalwinsbelasting:

  1. Bates vir persoonlike gebruik (met sekere uitsonderings);
  2. Bates bemaak aan die langslewende eggenoot;
  3. Bates bemaak aan ‘n openbare voordeelorganisasie;
  4. Die opbrengs van lewensversekeringspolisse, belange in voorsorg- of annuïteitfondse, belange in pensioenfondse;
  5. Die eerste R2 miljoen ten opsigte van die primêre woning;
  6. Die eerste R750 000 ten opsigte van klein sakebates;
  7. Geldeenhede, uitgesluit goud en platinummunte. 

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.