MISBRUIK VAN DIE INSOLVENSIEWET

A1_BOp 4 Maart 2014 het Regter Binns-Ward in die Kaapse Hooggeregshof ‘n interdik teen ‘n maatskappy toegestaan wat bedrog gepleeg het in terme van die Insolvensiewet (hierna verwys as ‘die Wet’). Die maatskappy dit as volg gedoen:

Elke week soek die maatskappy se werknemers deur die ‘Groen Staatskoerant’ vir advertensies van verkope eksekusie van residensiële eiendomme. Die maatskappy het konsultante in diens regoor die land gehad. Die konsultante werf dan die besigheid van die betrokke eksukusie skuldenaars. Die skuldenaars word deur die konsultante ingelig dat ‘n kansellasie van die verkoop in eksekusie bereik kan word in terme van die Insolvensiewet. Die maatskappy bied aan om toe te sien tot die publikasie van ‘n kennisgewing van oorgawe ingevolge Artikel 4(1) van die Wet, onderhewig aan die betaling van ‘n fooi aan die maatskappy. Hulle lig die skuldenaar ook in dat daar geen gevolge sal wees indien ‘n aansoek by die hof nie volg nie. Dit wen vir die skuldenaar 30 dae. In dié 30 dae het die maatskappy, indien die skuldenaar wil en teen ‘n addisionele fooi, ‘n kans om ‘n forensiese oudit te doen wat met groot waarskynlikheid sal bewys dat die eksekusieskuldeiser (dikwels banke) sy eis misreken het en die skuldenaar het dan ‘n geleentheid om ‘n kompromie te bereik met die eksekusieskuldeiser.

Wanneer skuldenaars op hul betalings in verstek bly, stuur die banke ‘n opdrag na hul prokureurs toe om aksie teen die skuldenaars te neem. Die bank kan die regskostes terug eis van die skuldenaar, maar net in ‘n aparte rekening met ‘n verskillende rentekoers; hulle word nie toegelaat om dit by te voeg by die balans van die verband met ‘n ander rentekoers nie. Hulle kan net inskrywings met betrekking tot hul verbandpaaiemente by die rekening voeg, nie regskoste nie. Die maatskappy betwis dan dat die bank kontrakbreuk pleeg en doen by die hof aansoek vir die tersydestelling van die verstekvonnis.

Wat sê die Insolvensiewet?
Artikel 4(1) van die Wet vereis dat ‘n kennisgewing van oorgawe nie meer as dertig dae nie, maar minder as veertien dae voor aansoek gedoen word vir oorgawe van die boedel van die skuldenaar, gepubliseer word. Artikel 5(1) van die Wet bepaal dat dit onwettig is om enige eiendom van die skuldenaar waarop beslag gelê is in terme van ‘n lasbrief van eksekusie, te verkoop, indien hy reeds ‘n kennisgewing van boedel oorgawe in terme van Artikel 4(1) van die Wet gepubliseer het in die Staatskoerant (hierdie voorsiening is vir bona fide vrywillige oorgawe aansoeke, nie bedrieglike aansoeke nie), tensy die persoon belas met die lasbrief nie geweet het van die publikasie nie, en die eiendom gewaardeer is vir minder as R5000.

Die besluit om ‘n kennisgewing van oorgawe te publiseer deur ‘n skuldenaar vereis die voorneme van die skuldenaar om uiteindelik by die hof so ‘n aansoek in te dien en die nodige stappe te neem om sodanige sekwestrasiebevel te verkry. ‘n Mens kan ‘n kennisgewing van oorgawe onttrek (in terme van Artikel 7) deur skriftelike toestemming van die Meester van die Hof aan te vra. Alternatiewelik kan jy in terme van Artikel 6 die kennisgewing onttrek, deurdat dit verval indien geen aansoek vir oorgawe gemaak word na 14 dae na die datum in die kennisgewing van oorgawe nie. Hierdie bepaling moet egter tot voordeel van die skuldeisers wees, nie die skuldenaars nie. Artikel 6 maak dit duidelik dat geen wettige doel gedien kan word deur die publikasie van ‘n kennisgewing van oorgawe indien die betrokke boedel nie werklik insolvent is nie, en as dit nie bewys kan word nie, word die sekwestrasiekoste betaal en die sekwestrasie is tot voordeel van die Skuldeisers.

Hierdie saak het gegaan oor ‘n aansoek aan die hof, waar die applikant ‘n interdik versoek het teen die respondent in terme van die kennisgewings van oorgawe wat die maatskappy (onwettig) publiseer in terme van Artikel 4(1) van die Insolvensiewet. Die hof het ’n interdik toegestaan teen die maatskappy om hierdie soort besigheid onmiddellik te staak. Die hof het besluit dat dit onwettig en bedrieglik is en ‘n misbruik van die bepalings van die Insolvensiewet. Dit is duidelik, as mens die feite van die saak bestudeer, dat die skuldenaars nooit van voornemens was om voort te gaan met die oorgawe nie; dit is bloot gedoen met die doel om die verkope in eksekusie te frustreer. Publisering van ‘n kennisgewing van oorgawe is nie ‘n aanvaarbare metode vir die verkryging van tyd om forensiese oudits van die kliënte se rekeninge by die eksekusieskuldeiser te onderneem nie, of gronde om aansoek te doen vir die tersydestelling van die vonnis wat in die proses is om uitgevoer te word nie.

Ten slotte is dit belangrik om daarop te let dat die publisering van kennisgewings in terme van Artikel 4(1) van die Wet slegs mag plaasvind indien daar ‘n voorneme van sekwestrasie is.

Vir verdere inligting:
FirstRand Bank Limited (Applikant) v Consumer Guardian Services (Pty) Ltd & 9 Others (Saak no: 10978/2012)

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.